Deuteronomy 1:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En julle het elkeen van julle nader na my toe gekom en gesê: Ons sal manne voor ons uit stuur, en hulle sal vir ons die land deursoek en ons vertel op watter pad ons moet optrek en na watter stede ons sal kom.
Afrikaans (NLV) 2011
“Maar julle het gereageer: ‘Laat ons eers verkenners uitstuur om die land vir ons te gaan deurkyk. Hulle sal ons dan kan raadgee oor watter roete die beste sal wees. Hulle sal ook kan besluit watter stede om in te neem.’
Afrikaans 1933/1953
Toe het julle almal na my toe aangekom en gesê: Laat ons manne voor ons uit stuur, dat hulle vir ons die land kan verken en ons berig kan bring aangaande die pad waarlangs ons moet optrek, en die stede waarby ons sal kom.
Afrikaans 1983
“Julle almal het toe na my toe gekom en gevra ons moet manne voor ons uit stuur dat hulle die land vir ons kan verken en ons kan kom inlig oor die pad wat ons moet vat en oor die stede waarheen ons op pad is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Maar julle het almal na my gekom en gesê, ‘Ons wil manne voor ons uitstuur sodat hulle vir ons die land kan verken en aan ons verslag kan lewer oor die pad waarlangs ons moet optrek, en oor die stede waarby ons gaan uitkom.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Maar toe het julle almal na my toe gekom en gesê: ‘Kom ons stuur eers manne wat oral in die land kan gaan kyk en wat vir ons kan kom sê op watter pad ons moet gaan en hoe die stede is waar ons sal kom.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Julle het egter na my toe gekom en gesê ons moet eers mense instuur om die land te gaan verken. Hulle moes ons van die roetes vertel en van die stede wat ons langs die pad gaan kry.