Deuteronomy 1:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het van die vrug van die land in hul hande geneem en dit na ons toe gebring en ons laat weet en gesê: Dit is 'n goeie land wat die HERE onse God aan ons sal gee.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het ook van die vrugte gepluk en daarvan na ons toe teruggebring. Hulle het gerapporteer dat die land wat die Here ons God vir ons gee, inderdaad ’n goeie land is.”
Afrikaans 1933/1953
Hulle het toe van die vrugte van die land met hulle saamgeneem en dit na ons afgebring en aan ons verslag gegee en gesê: Die land wat die HERE onse God aan ons sal gee, is goed.
Afrikaans 1983
Hulle het van die vrugte van die land na ons toe gebring en vir ons kom sê: ‘Die Here ons God gee ons 'n goeie land.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
van die vrugte van die land geneem en dit afgebring na ons toe. Hulle het aan ons verslag gelewer en gesê, ‘Dit is 'n goeie land wat die Here ons God vir ons gaan gee.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het van die vrugte van die land saamgebring en vir ons kom sê: ‘Dit is 'n goeie land wat ons God die Here vir ons gee.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het van die vrugte gepluk en dit teruggebring. Hulle het ook kom vertel dat die land wat die Here vir ons gee, baie mooi is.