Deuteronomy 1:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En julle het in julle tente gemurmureer en gesê: Omdat die HERE ons gehaat het, het Hy ons uit Egipteland uitgelei om ons in die hand van die Amoriete te gee om ons te vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle het in julle tente gemor en gekla en gesê: ‘Die Here haat ons. Hy het ons uit Egipte laat trek sodat die Amoriete ons kan uitroei.
Afrikaans 1933/1953
En julle het in jul tente gemurmureer en gesê: Omdat die HERE ons haat, het Hy ons uit Egipteland uitgelei om ons in die hand van die Amoriete oor te gee, dat hulle ons verdelg.
Afrikaans 1983
Julle het in julle tente bly sit en mor, en julle het gesê: ‘Omdat die Here ons haat, het Hy ons uit. Egipte laat trek om ons aan die Amoriete oor te gee sodat hulle ons kan uitroei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en het in julle tente gesit en mor en gesê, ‘Dit is omdat die Here ons haat dat Hy ons uit Egipteland uitgelei het om ons in die hand van die Amoriete oor te gee en om ons uit te delg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle het in julle tente gesit en kla. Julle het gesê: ‘Die Here haat ons, daarom het Hy ons uit die land Egipte gebring om ons vir die Amoriete te gee sodat hulle ons kan doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle het in julle tente onder mekaar gekla en gesê: ‘Die Here haat ons. Hy het ons net uit Egipte gelei sodat die Amoriete ons kan vernietig.