Deuteronomy 1:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Waarheen sal ons optrek? ons broers het ons hart ontmoedig deur te sê: Die volk is groter en langer as ons; die stede is groot en ommuur tot aan die hemel; en bowendien het ons die seuns van die Enakiete daar gesien.
Afrikaans (NLV) 2011
Hoe kan ons aangaan? Ons verkenners het ons met hulle verslag banggepraat. Hulle sê dat die mense van die land groter en sterker as ons is en dat die mure van hulle stede tot aan die hemel raak! Hulle het daar selfs die reuse, nageslag van Enak, gesien!’
Afrikaans 1933/1953
Waarheen moet ons optrek? Ons broers het ons hart laat versmelt deur te sê: Dit is 'n volk groter en hoër van gestalte as ons; die stede is groot en tot aan die hemel versterk; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien.
Afrikaans 1983
Waarheen kan ons nou gaan? Ons broers het ons moed gebreek toe hulle gesê het: Daar woon 'n volk wat groter en sterker is as ons. Hulle het groot stede en sterk, hoë vestings. Ons het ook die Enakiete, die reuse, daar gesien.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Waar moet ons nou heen gaan? Ons volksgenote het ons laat moed verloor toe hulle gesê het dat daar mense is wat groter en langer is as ons, dat daar groot stede is wat hemelhoog versterk is en dat hulle selfs Enakiete daar gesien het.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons kan nie nou in die land ingaan nie. Die manne wat gaan kyk het hoe die land is, het ons moedeloos laat word, want hulle het gesê daardie mense is groter en sterker as ons, en die sterk mure van hulle stede is so hoog soos die hemel. Hulle het daar ook Enak-mense gesien.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En waar moet ons nogal in die nuwe land gaan woon? Ons is bang, want die verkenners het gesê dat die mense van die land baie meer en baie groter is as ons. En dat hulle in groot stede met baie hoë mure woon. Verder het hulle ook nog reuse daar gesien.’