Deuteronomy 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit het gebeur in die veertigste jaar, in die elfde maand, op die eerste dag van die maand, dat Moses met die kinders van Israel gespreek het volgens alles wat die HERE hom in bevel aan hulle gegee het;
Afrikaans (NLV) 2011
40 jaar nadat die Israeliete Sinaiberg verlaat het, op ’n dag in die middel van die winter, het Moses alles vir hulle gesê wat die Here die Israeliete beveel het om te doen.
Afrikaans 1933/1953
En in die veertigste jaar, in die elfde maand, op die eerste van die maand, het Moses met die kinders van Israel gespreek net soos die HERE ten opsigte van hulle aan hom bevel gegee het;
Afrikaans 1983
Op die eerste van die elfde maand van die veertigste jaar na die uittog uit Egipte het Moses vir die Israeliete alles gesê wat die Here hom oor hulle beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In die veertigste jaar, op die eerste dag van die elfde maand, het Moses alles vir die Israeliete gesê net soos die Here hom beveel het om vir hulle te sê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Moses het vir die Israeliete alles gesê wat die Here gesê het hy moet vir hulle sê. Dit was in die 40ste jaar nadat hulle uit Egipte gekom het, op die eerste dag van die elfde maand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In die 40ste jaar na die uittog uit Egipte, op die eerste Februarie van daardie jaar, het Moses Israel alles vertel wat die Here vir hom gesê het.