Deuteronomy 1:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE jou God wat voor jou uit trek, Hy sal vir jou veg volgens alles wat Hy voor jou oë in Egipte aan jou gedoen het;
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here julle God gaan voor julle uit. Hy sal vir julle veg, net soos Hy voor julle oë in Egipte gedoen het.
Afrikaans 1933/1953
Die HERE julle God wat voor jul uit trek, Hy sal vir julle stry net soos Hy voor julle oë met julle in Egipte gedoen het
Afrikaans 1983
Die Here julle God gaan voor julle uit en Hy sal vir julle veg net soos Hy in Egipte voor julle eie oë alles vir julle gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here julle God wat voor julle uit gaan, Hy self sal vir julle veg net soos al die vorige kere toe Hy dit voor julle oë vir julle gedoen het in Egipte
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle God die Here loop voor julle, Hý sal julle help en Hy sal die oorlog vir julle veg, julle het gesien hoe Hy dit gedoen het in die land Egipte
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En dat die Here voor julle uit sal gaan en vir julle sal veg soos Hy destyds in Egipte gedoen het.