Deuteronomy 1:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En in die woestyn, waar jy gesien het dat die HERE jou God jou gebaar het, soos 'n man sy seun baar, op al die pad wat julle getrek het, totdat julle in hierdie plek gekom het.
Afrikaans (NLV) 2011
Hier in die woestyn het julle gesien hoe die Here julle God keer op keer vir julle gesorg het, net soos ’n pa vir sy kind sou sorg. Hy het julle tot hiertoe gebring.
Afrikaans 1933/1953
en in die woestyn, waar jy gesien het hoe die HERE jou God jou gedra het soos 'n man sy seun dra, op die hele pad wat julle getrek het, totdat julle tot by hierdie plek gekom het.
Afrikaans 1983
Julle het in die woestyn ondervind hoe die Here julle God julle die hele pad waarlangs julle tot hier toe gekom het, gedra het soos 'n man sy seun dra.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en in die woestyn. Daar het julle gesien dat die Here julle God julle die hele pad wat julle gekom het tot op hierdie plek dra, soos 'n man sy seuntjie dra.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en in die woestyn. Kan julle onthou hoe julle God die Here vir julle gedra het? Hy het julle gedra soos 'n man sy kind dra. Die Here het dit gedoen op die hele pad waarop julle geloop het, tot hier.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle het self gesien hoe Hy julle in die woestyn gehelp het, net soos ’n man sy seun help. En hoe Hy julle tot by hierdie plek gelei het.