Deuteronomy 1:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat voor julle uit op die pad gegaan het om vir julle 'n plek te soek om julle tente in op te slaan, snags in vuur, om julle aan te dui op watter pad julle moet gaan, en in 'n wolk bedags.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het voor julle uitgegaan om die beste staanplekke uit te soek. Snags het Hy julle pad met vuur verlig en bedags was daar ’n wolk oor julle.
Afrikaans 1933/1953
wat voor julle uit getrek het op die pad om vir julle 'n plek uit te soek om julle laer op te slaan, snags in die vuur om julle te laat sien op die pad waar julle langs moes trek, en bedags in die wolk.
Afrikaans 1983
wat op die pad voor julle vooruit gegaan het om kampplekke vir julle uit te soek nie. Snags het Hy vir julle julle pad met vuur aangewys en bedags met 'n wolkkolom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy wat voor julle uit gegaan het op die pad om telkens vir julle 'n plek uit te soek waar julle kon kamp en wat snags met die vuur en bedags met die wolk vir julle die pad gewys het waarlangs julle moes trek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
die Here wat vir julle op die pad gelei het en wat gekyk het waar julle die tente kan opslaan, die Here wat vir julle gewys het waar die pad is. In die nag het Hy dit met 'n vuur gewys en in die dag met 'n wolk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elke dag het Hy vir julle ’n plek gesoek om te kamp. Snags het Hy julle die pad met ’n groot vuur gewys en bedags met ’n wolk. Nogtans wou julle Hom nie vertrou nie.”