Deuteronomy 1:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daar sal sekerlik nie een van hierdie manne van hierdie bose geslag daardie goeie land sien wat Ek met 'n eed beloof het om aan julle vaders te gee nie,
Afrikaans (NLV) 2011
‘Nie een van julle uit hierdie slegte geslag sal bly lewe om die goeie land wat Ek aan julle voorouers met ’n eed beloof het, te sien nie.
Afrikaans 1933/1953
Waarlik, geeneen van hierdie manne, hierdie verkeerde geslag, sal die goeie land sien wat Ek met 'n eed beloof het om aan julle vaders te gee nie --
Afrikaans 1983
‘Nie een van hierdie slegte geslag sal die goeie land sien wat Ek, die Here, hulle voorvaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
‘Niemand van hierdie manne, hierdie slegte geslag, sal die goeie land sien wat Ek plegtig beloof het om aan julle voorouers te gee nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
‘Nie een van hierdie manne sal die goeie land sien wat Ek vir hulle voorvaders belowe het nie, niemand van hierdie slegte geslag nie. Dit is seker, so seker soos Ek lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is hoekom die Here vir julle gesê het: ‘Nie een van julle ongelowige spul sal die goeie land sien wat Ek vir julle wou gee nie.