Deuteronomy 1:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ook was die HERE toornig op my om julle ontwil en het gesê: Jy mag ook nie daar ingaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“As gevolg van julle was die Here ook vir my kwaad. Hy het vir my gesê: ‘Jy sal nooit die Beloofde Land ingaan nie.
Afrikaans 1933/1953
Ook was die HERE toornig op my om julle ontwil, sodat Hy gesê het: Jy sal daar ook nie inkom nie.
Afrikaans 1983
“Dit was oor julle dat die Here vir my kwaad geword het en gesê het: ‘Ook jý sal nie die land ingaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Ook op my was die Here toornig deur julle toedoen. Hy het gesê, ‘Ook jy sal nie daar ingaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Die Here het vir my ook kwaad geword oor julle. Hy het vir my gesê: ‘Jy sal ook nie in die land kom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Oor al julle ongehoorsaamheid het die Here ook vir my kwaad geword en gesê: ‘Moses, selfs jy sal nie die land binnegaan nie.