Deuteronomy 1:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Josua, die seun van Nun, wat voor jou staan, hy moet daar ingaan; bemoedig hom, want hy sal Israel dit laat beërwe.
Afrikaans (NLV) 2011
Jou assistent, Josua, die seun van Nun, sal die volk die land inlei. Bemoedig hom in sy voorbereidings om die land in te trek.
Afrikaans 1933/1953
Josua, die seun van Nun, wat voor jou staan -- hy sal daar inkom; versterk hom, want hy sal Israel dit laat beërwe.
Afrikaans 1983
Jou assistent, Josua seun van Nun, hý sal daar ingaan. Moedig hom aan, want dit is hý wat Israel die land in besit sal laat neem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Josua, die seun van Nun, wat in jou diens is, hy sal daar ingaan; hom moet julle ondersteun, want hy is die een wat Israel die land in besit sal laat neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Josua seun van Nun, die man wat vir jou werk, hý sal in die land kom. Jy moet hom sterk maak en vir hom leer om die werk te kan doen wat hy moet doen, want hy sal die Israeliete lei om die land vir hulleself te vat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jou helper, Josua die seun van Nun, sal dit wel sien. Praat hom moed in, want hy is die een wat Israel die nuwe land sal inlei.’