Deuteronomy 1:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En julle kindertjies wat julle gesê het dat dit 'n prooi moet word, en julle kinders wat in dié dag geen kennis gehad het van goed en kwaad nie, hulle sal daarheen ingaan, en Ek sal dit aan hulle gee, en hulle sal dit in besit neem.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal die land aan julle onskuldige kinders gee. Julle was bang dat hulle gevange geneem sou word, maar hulle sal die mense wees wat die land in besit sal neem.
Afrikaans 1933/1953
En julle kindertjies van wie julle gesê het: Hulle sal 'n buit word! en julle kinders wat vandag van geen goed of kwaad weet nie -- hulle sal daar inkom en aan hulle sal Ek dit gee, en hulle sal dit in besit neem.
Afrikaans 1983
Julle babatjies van wie julle gesê het hulle sal buitgemaak word, en julle kleuters wat nou nog niks weet nie, hulle sal die land ingaan. Ek gee dit vir hulle en hulle sal dit in besit neem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle klein kindertjies wat julle gedink het oorlogsbuit gaan word en julle groter kinders wat nou nog nie die verskil tussen goed en kwaad ken nie, hulle sal daar ingaan; vir hulle sal Ek dit gee, ja, hulle sal dit in besit neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle kinders sal ook in die land ingaan. Julle het gesê die Amoriete sal julle kinders vang en wegvat, maar julle kinders sal in die land ingaan, julle kinders wat nou nie weet wat reg is en wat verkeerd is nie. Ek sal die land vir hulle gee, en hulle sal dit vir hulleself vat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het verder vir almal gesê: ‘Julle klein kindertjies wat nog nie mooi weet wat reg en verkeerd is nie, sal die land binnetrek. Julle het gesê die vyand sal nog julle kinders in die woestyn doodmaak, maar Ek sal die Beloofde Land vir húlle gee.