Deuteronomy 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nadat hy Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het, en Og, die koning van Basan, wat in Astarot in Edreï gewoon het, gedood het.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit was nadat hy koning Sihon van die Amoriete wat in Gesbon regeer het, en ook koning Og van Basan wat in Astarot en Edreï regeer het, verslaan het.
Afrikaans 1933/1953
nadat hy Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het, en Og, die koning van Basan, wat in Astarot gewoon het, in Edr,‹verslaan het.
Afrikaans 1983
Dit was nadat Moses vir Sihon en Og verslaan het. Koning Sihon van die Amoriete het in Gesbon gewoon, en koning Og van Basan in Astarot by Edreï.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit het gebeur nadat hy Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Gesbon regeer het, en Og, die koning van Basan, wat in Astarot regeer het, by Edreï verslaan het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit was nadat Moses vir koning Sihon van die Amoriete en vir koning Og van Basan oorwin het. Sihon het in die stad Gesbon gewoon en Og het in die stad Astarot gewoon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit was in die tyd nadat Moses die twee Oos-Jordaanse konings verslaan het. Hulle was Sihon, die koning van die Amoriete wat in Gesbon gewoon het, en Og, die koning van Basan wat in Astarot by Edreï gewoon het.