Deuteronomy 1:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het julle geantwoord en vir my gesê: Ons het teen die HERE gesondig, ons sal optrek en veg volgens alles wat die HERE onse God ons beveel het. En toe julle elkeen sy oorlogswapens omgord het, was julle gereed om die heuwel op te klim.
Afrikaans (NLV) 2011
“Toe het julle bely: ‘Ons het teen die Here gesondig! Ons sal die land ingaan en daarvoor veg soos die Here ons God ons beveel het.’ Julle mans het toe julle wapens om julle vasgebind en gedink dit is maklik om die Bergwêreld te verower.
Afrikaans 1933/1953
Toe het julle geantwoord en vir my gesê: Ons het teen die HERE gesondig; ons self sal optrek en veg net soos die HERE onse God ons beveel het. En toe julle elkeen sy oorlogswapens aangord en daar nog maklik oor dink om in die gebergte op te trek,
Afrikaans 1983
“Toe het julle uitgeroep: ‘Ons het teen die Here gesondig! Ons wil optrek en gaan veg soos die Here ons God ons beveel het.’ Julle het julle wapens gegryp en gedink dis kinderspeletjies om die Bergwêreld te gaan verower.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Julle het toe daarop geantwoord en vir my gesê, ‘Ons het teen die Here gesondig! Ons sal optrek en gaan veg net soos die Here ons God ons beveel het.’ Julle het toe ook elkeen sy oorlogswapens aangegord, omdat dit vir julle maklik gelyk het om in die bergland op te gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Julle het toe vir my gesê: ‘Ons het verkeerd gedoen teen die Here, ons sal self oorlog gaan maak, ons sal doen wat die Here vir ons gesê het.’ “En toe het julle al julle wapens geneem, julle het gedink julle sal maklik in die Bergland kan ingaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Toe julle dit gehoor het, het julle gesê: ‘Moses, ons het drooggemaak. Soos die Here vir ons gesê het, sal ons sommer dadelik die land binneval.’ En kan julle nog onthou wat toe gebeur het? Elkeen het sy wapens geneem en wou die land sommerso binneval.