Deuteronomy 1:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die HERE het vir my gesê: Sê vir hulle: Moenie optrek en veg nie; want Ek is nie onder julle nie; dat julle nie voor julle vyande verslaan word nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“Die Here het toe vir my gesê: ‘Sê vir hulle om nie aan te val nie, want Ek gaan nie saam met hulle nie. As hulle sou aanval, sal die vyand hulle verslaan.’
Afrikaans 1933/1953
het die HERE vir my gesê: Sê vir hulle: Julle mag nie optrek en veg nie -- want Ek is nie in julle midde nie -- dat julle nie voor julle vyande verslaan word nie.
Afrikaans 1983
“Maar die Here het vir my gesê: ‘Sê vir hulle hulle moenie optrek om te gaan oorlog maak nie, want Ek is nie by hulle nie. Hulle sal nie hulle vyande verslaan nie.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar die Here het vir my gesê, ‘Sê vir hulle: “Julle mag nie optrek nie en julle mag nie gaan oorlog maak nie, want Ek is nie in julle midde nie. Julle mag nie deur julle vyande verslaan word nie.” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die Here het vir my gesê: ‘Jy moet vir hulle sê: Julle moenie oorlog gaan maak nie, want Ek sal nie by julle wees nie, en julle sal verloor teen julle vyande.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Toe het die Here weer gesê: ‘Moses, keer hulle. Ek gaan beslis nie saam met hulle nie. Daarom sal die vyand hulle vernietig.’