Deuteronomy 1:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom het ek met julle gespreek; en julle het nie geluister nie, maar was wederstrewig teen die bevel van die HERE en het vermetel op die heuwel geklim.
Afrikaans (NLV) 2011
“Ek het dit so vir julle gesê, maar julle wou nie luister nie. Julle het eerder teen die bevel van die Here in opstand gekom en ewe arrogant die Bergwêreld ingetrek om te gaan veg.
Afrikaans 1933/1953
Maar toe ek met julle gespreek het, het julle nie geluister nie, maar julle was wederstrewig teen die bevel van die HERE en het vermetel in die gebergte opgetrek.
Afrikaans 1983
Ek het dit vir julle gesê, maar julle het nie geluister nie en in opstand gekom teen die opdrag van die Here. Julle was moedswillig en het na die Bergwêreld toe getrek,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het dit vir julle gesê, maar julle wou nie luister nie. Julle was opstandig teen die bevel van die Here en het selfversekerd in die bergland opgetrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Ek het dit vir julle gesê, maar julle het nie geluister nie. Julle was opstandig teen die Here, julle was hoogmoedig en julle het in die Bergland ingegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het julle alles vertel wat die Here gesê het, maar weer het julle nie geluister nie. Julle het julle weer nie aan Hom gesteur nie en die land binnegeval.