Deuteronomy 1:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die Amoriete wat op daardie berg gewoon het, het teen jou uitgetrek en jou agtervolg, soos bye doen, en jou in Seïr verdelg tot by Horma.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Amoriete wat daar bly, het soos ’n swerm bye teen julle opgeruk. Hulle het julle verjaag en verslaan al die pad van Seïr af tot by Gorma.
Afrikaans 1933/1953
Toe het die Amoriete wat in die gebergte gewoon het, uitgetrek julle tegemoet en julle agtervolg soos die bye maak; en hulle het julle verstrooi in Se‹r tot by Horma.
Afrikaans 1983
maar die Amoriete wat in daardie gebied woon, het teen julle opgeruk en julle verjaag soos 'n swerm bye dit sou doen en julle van Seïr af tot by Gorma uitmekaar gejaag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Amoriete wat in daardie bergland woon, het uitgetrek om teen julle te veg. Hulle het julle gejaag soos 'n swerm bye 'n mens jaag en julle uitmekaar laat spat van Seïr af tot by Gorma.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En toe het die Amoriete wat in daardie Bergland woon, gekom en hulle het vir julle aangeval. Hulle het julle gevolg en gejaag soos 'n swerm bye van die land Seïr tot by die stad Gorma.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe het die Amoriete wat in die berge woon, op julle toegesak en julle soos bye agtervolg. Hulle het julle tot so ver as Horma en Edom verdryf.