Deuteronomy 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan hierdie kant van die Jordaan, in die land van Moab, het Moses begin om hierdie wet uit te roep en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011
Moses het die volk Israel toegespreek terwyl hulle in Moab, oos van die Jordaanrivier, was. Hy het begin om die gebooie soos volg uit te lê:
Afrikaans 1933/1953
Oos van die Jordaan in die land Moab het Moses onderneem om hierdie wet te verklaar deur te sê:
Afrikaans 1983
Dit was oos van die Jordaan, in Moab, dat Moses die wet begin verduidelik het. Hy het gesê:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Oorkant die Jordaan, in die land Moab, het Moses begin om hierdie wet vir hulle uiteen te sit. Hy het gesê:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Moses het oorkant die Jordaan-rivier, in die land Moab, begin om vir die Israeliete te verduidelik wat die Here wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In die land Moab oos van die Jordaan het Moses toe die wil van die Here vir Israel verduidelik.