Deuteronomy 1:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk, Ek stel die land aan julle voor; gaan in en neem die land in besit wat die HERE aan julle vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het om aan hulle en aan hulle nageslag ná hulle te gee.
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie gebied gee Ek vir julle. Trek in die land in en neem dit in besit. Die Here het gesweer dat Hy hierdie land aan julle voorouers Abraham, Isak en Jakob en aan hulle nageslag sal gee.’”
Afrikaans 1933/1953
Kyk, Ek gee die land aan julle oor; gaan in en neem die land in besit wat die HERE aan julle vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het om dit aan hulle te gee en aan hulle nageslag nhulle.
Afrikaans 1983
Ek stel hierdie land tot julle beskikking. Trek in en neem dit in besit. Ek, die Here, het met 'n eed beloof om dit aan julle voorvaders Abraham, Isak en Jakob te gee en aan hulle nageslag.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kyk, Ek bied vir julle die land aan. Gaan en neem die land in besit wat Ek, die Here, met 'n eed aan julle voorvaders Abraham, Isak en Jakob beloof het om aan hulle en hulle nageslag ná hulle te gee.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek gee nou die land vir julle, gaan vat dit vir julle. Die Here het vir julle voorvaders Abraham, Isak en Jakob belowe dat Hy die land vir hulle en hulle nageslag sal gee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie hele land gee Ek vir julle. Gaan vat dit vir julle. Dit is die land wat Ek nog aan Abraham, Isak, Jakob en hulle nageslag beloof het.’”