Deuteronomy 2:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het ons omgedraai en weggetrek na die woestyn op pad na die Skelfsee, soos die HERE met my gespreek het; en ons het die berg Seïr baie dae omgetrek.
Afrikaans (NLV) 2011
“Toe het ons omgedraai en deur die woestyn in die rigting van die Rietsee getrek, net soos die Here my beveel het. Dit het ons lank geneem om óm Seïrberg te trek.
Afrikaans 1933/1953
Daarna het ons gedraai en weggetrek na die woestyn, op pad na die Skelfsee, soos die HERE aan my gesê het, en ons het om die gebergte Se‹r getrek, baie dae lank.
Afrikaans 1983
“Later het ons die woestyn ingetrek, al met die Rietseepad soos die Here my beveel het. Dit het ons lank gevat om óm Seïrberg te trek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Daarna het ons weggedraai en na die woestyn getrek in die rigting van die Rietsee soos wat die Here vir my gesê het. Nadat ons 'n lang tyd om die Seïrberge getrek het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Moses het gesê: “Ons het weggegaan na die woestyn, soos die Here vir my gesê het. Ons het eers op die pad na die Riet-see geloop en toe het ons baie lank geloop rondom die Seïr-berge.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Soos die Here gesê het, is ons toe deur die woestyn na die Skelfsee toe. Vir ’n lang tyd het ons langs die berge van Edom getrek.