Deuteronomy 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ook het die Horims tevore in Seïr gewoon; maar die kinders van Esau het hulle opgevolg toe hulle hulle voor hulle uit verdelg en in hulle plek gaan woon het; soos Israel gedoen het met die land van sy besitting wat die HERE aan hulle gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011
Vroeër het die Goriete by Seïrberg gewoon, maar hulle is uitgedryf en vervang met die afstammelinge van Esau. Op ’n soortgelyke manier is die volke van Kanaän verdryf uit die land wat die Here vir Israel gegee het.
Afrikaans 1933/1953
Ook het die Horiete tevore in Se‹r gewoon; maar die kinders van Esau het hulle uit hul besitting verdrywe en voor hulle uit verdelg en in hulle plek gaan woon, net soos Israel gedoen het met die land van sy besitting wat die HERE aan hulle gegee het.
Afrikaans 1983
Die Goriete het vroeër in Seïr gewoon, maar die nageslag van Esau het hulle verslaan en uitgeroei en in hulle gebied gaan woon soos die Israeliete later met hulle vyande gedoen het in die land wat die Here vir hulle as besitting gegee het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Goriete het vroeër in Seïr gewoon, maar die nageslag van Esau het hulle daar uitgedryf en uitgedelg oral waar hulle gekom het. Hulle het in hulle gebied gaan woon, net soos die Israeliete later gemaak het met die land wat die Here vir hulle as hulle eiendom gegee het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Goriete het voorheen in die land Seïr gewoon, maar die nageslag van Esau het hulle oorwin en doodgemaak en het in hulle plek gaan woon. Die Israeliete het dieselfde gedoen met hulle vyande in die land wat die Here vir hulle gegee het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Horiete het vroeër in Edom gewoon, maar Esau se kinders het hulle daaruit verjaag en hulle heeltemal uitgewis. Die Edomiete, die nageslag van Esau, het toe in die land gaan woon. So sou Israel ook later met die Kanaäniete maak.)