Deuteronomy 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Staan nou op, sê ek, en bring jou oor die spruit Sered. En ons het oor die spruit Sered gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Moses het voortgegaan: “Die Here het ons toe aangesê om die Seredspruit oor te steek en ons het dit gedoen.
Afrikaans 1933/1953
Maak nou klaar en trek oor die spruit Sered. Toe het ons oor die spruit Sered getrek.
Afrikaans 1983
“Die Here het verder gesê: ‘Trek nou deur Seredspruit,’ en ons het deurgetrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Die Here het verder gesê, ‘Maak nou gereed en trek deur die Sered-dal. ’ Ons het toe deur die Sered-dal getrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Die Here het gesê: ‘Nou moet julle deur die Sered-vallei gaan.’ “Ons het deur die Sered-vallei gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe is ons deur die Seredrivier soos die Here vir ons gesê het om te doen.