Deuteronomy 2:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die ruimte waarin ons van Kades-Barnea af gekom het, totdat ons oor die spruit Sered gekom het, was agt en dertig jaar; totdat die hele geslag van die krygsmanne verteer was onder die leër uit, soos die HERE hulle met 'n eed beloof het.
Afrikaans (NLV) 2011
Daar het dus 38 jaar verbygegaan van die tyd toe ons by Kades-Barnea aangekom het totdat ons uiteindelik die Seredspruit oorgesteek het. Die Here het gesweer dat dit nie kon gebeur voordat al die mans wat oud genoeg was om oorlog te maak, in die woestyn omgekom het nie.
Afrikaans 1933/1953
En die dae van ons trek van Kades-Barn,a af totdat ons oor die spruit Sered gegaan het, was agt en dertig jaar -- totdat die hele geslag, die krygsmanne, uit die laer omgekom het soos die HERE hulle dit gesweer het.
Afrikaans 1983
Vandat ons van Kades-Barnea af weg is tot ons deur Seredspruit getrek het, het ag en dertig jaar verloop. Teen daardie tyd was die weerbare manne uit die ouer geslag nie meer tussen ons nie, soos die Here destyds vir hulle met 'n eed aangekondig het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die tyd wat dit geneem het vandat ons van Kades-Barnea af weggetrek het totdat ons deur die Sered-dal getrek het, was agt-en-dertig jaar. Toe was daar nie meer een van daardie hele geslag krygsmanne in die kamp oor nie. Dit het gebeur soos die Here dit vir hulle met 'n eed bevestig het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit was 38 jaar nadat ons weggegaan het van die stad Kades-Barnea. Een hele geslag van manne wat daardie tyd oorlog kon maak, was toe al dood. Dit het gebeur soos die Here vir hulle gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit het 38 jaar geduur vandat ons by Kades-Barnea weg is totdat ons by die Seredrivier gekom het. In hierdie jare is al die mense dood wat destyds nie die land wou inneem nie.