Deuteronomy 2:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
en as jy naby die kinders van Ammon kom, moet jy hulle nie benoud maak nie, en bemoei jou nie met hulle nie; want Ek sal jou van die land van die kinders van Ammon geen besitting gee nie; want Ek het dit aan die kinders van Lot as 'n besitting gegee.
Afrikaans (NLV) 2011
en die land van die Ammoniete binnegaan. Moenie die Ammoniete, die afstammelinge van Lot, pla of ’n oorlog met hulle begin nie. Ek het aan hulle die land Ammon as hulle eiendom gegee en Ek sal ook nie enige deel van hulle land vir julle gee nie.’”
Afrikaans 1933/1953
en jy sal kom in die nabyheid van die kinders van Ammon; behandel hulle nie as vyande en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van die kinders van Ammon se land as besitting gee nie, omdat Ek dit aan die kinders van Lot as besitting gegee het.
Afrikaans 1983
en jy sal naby die grens van die Ammoniete kom. Moet hulle nie aanval en teen hulle oorlog maak nie, want Ek sal nie van hulle grond vir jou as besitting gee nie. Ek het dit vir die nageslag van Lot gegee as besitting.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en in die omgewing van die Ammoniete kom. Moenie hulle aanval nie en sorg dat julle nie met hulle in 'n stryd gewikkel raak nie, want Ek gee nie vir julle enige eiendom in die Ammoniete se land nie. Ek het dit immers vir die nageslag van Lot as eiendom gegee.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
dan sal julle naby die Ammoniete kom. Maar julle moenie vir hulle aanval en oorlog maak teen hulle nie, want Ek sal nie vir julle 'n stuk van die land van die Ammoniete gee nie, Ek het dit vir die nageslag van Lot gegee.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
gaan julle baie naby aan die Ammoniete verby. Moenie hulle aanval of ’n geveg begin nie. Hierdie land het Ek vir Lot en sy kinders gegee. Daarom sal julle niks daarvan kry nie.’