Deuteronomy 2:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
'n Volk groot en baie en lank, soos die Enakiete; maar die HERE het hulle voor hulle verdelg; en hulle het hulle opgevolg en in hulle plek gaan woon.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle was ook ’n talryke en sterk nasie en so groot soos die Enakiete. Die Here het hulle egter verdelg sodat die Ammoniete hulle land kon inneem.
Afrikaans 1933/1953
'n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete -- maar die HERE het die voor hulle uit verdelg, sodat hulle die uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het;
Afrikaans 1983
Hulle was 'n groot en sterk volk, net sulke groot mense as die Enakiete. Die Here het die Samsummiete voor die Ammoniete uit verdryf, en die Ammoniete het hulle verslaan en in hulle gebied gaan woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle was 'n magtige volk, talryk en net so lank soos die Enakiete. Die Here het hulle voor die Ammoniete uitgedelg sodat die Ammoniete hulle kon verdryf en in hulle gebied kon gaan woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Refaïete was 'n groot en sterk volk en hulle was so lank soos die Enak-mense, maar die Here het hulle laat sterf, en die Ammoniete het die land gevat en daar gaan woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle was ook, net soos die Enakiete, groot en lank. Toe het die Here die Refaïete deur die Ammoniete vernietig. En die Ammoniete het die land gevat en daarin gaan bly.