Deuteronomy 2:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Soos hy gedoen het met die kinders van Esau wat in Seïr gewoon het, toe hy die Horims voor hulle uit verdelg het; en hulle het hulle opgevolg en in hulle plek gewoon tot vandag toe.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het die afstammelinge van Esau by Seïrberg op dieselfde manier gehelp deur die Goriete te verdelg sodat hulle daar kon gaan woon. Die afstammelinge van Esau woon tot vandag toe nog daar.
Afrikaans 1933/1953
soos Hy in die geval van die kinders van Esau gedoen het wat in Se‹r woon, voor wie Hy die Horiete verdelg het, sodat hulle die uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het tot vandag toe.
Afrikaans 1983
Die Here het dieselfde gedoen vir die nageslag van Esau wat in Seïr woon. Die Here het die Goriete voor hulle uit verdryf, en toe het die Edomiete hulle verslaan en in hulle gebied gaan woon. Die Edomiete woon nou nog daar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het dieselfde gedoen vir die nageslag van Esau wat in Seïr woon: Hy het die Goriete voor hulle uitgedelg, sodat hulle die Goriete kon verdryf en in hulle plek kon gaan woon; dit is vandag nog so.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het dieselfde gedoen vir die nageslag van Esau. Hy het die Goriete laat sterf, en die Edomiete het toe die land gevat en daar gaan woon. Hulle woon nou nog daar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is ook wat die Here vir die nageslag van Esau in Seïr gedoen het: Hy het die Horiete verdryf sodat die Edomiete vandag nog daarin kan woon.