Deuteronomy 2:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die Aviete wat in Haserim gewoon het, tot by Assa, die Kaftoriete wat uit Kaftor uitgegaan het, het hulle vernietig en in hulle plek gaan woon.)
Afrikaans (NLV) 2011
’n Soortgelyke ding het gebeur toe die Kaftoriete van Kreta die Awwiete wat in dorpies in die omgewing van Gasa gewoon het, ingeval en verdelg het.)
Afrikaans 1933/1953
Ook het die Kaftoriete wat uit Kaftor afkomstig was, die Awiete wat in dorpe tot by Gasa gewoon het, verdelg en in hulle plek gaan woon.
Afrikaans 1983
Die Awwiete wat in dorpies tot by Gasa woon, is verdryf deur mense wat uit Kaftor gekom het en in die Awwiete se gebied gaan woon het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit het ook met die Awwiete gebeur wat in dorpies in die omgewing van Gasa gewoon het: Die Kaftorane wat van Kaftor af gekom het, het hulle uitgedelg en in hulle gebied gaan woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dieselfde het gebeur met die Awwiete wat voorheen in klein dorpies gewoon het naby die stad Gasa. Die Kaftor-mense het van die eiland Kaftor gekom. Hulle het die Awwiete doodgemaak en in hulle plek gaan woon.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit het ook met die Awwiete in die dorpe rondom Gasa gebeur. Die mense van Kaftor het die Awwiete vernietig en toe in hulle gebied gaan woon.)