Deuteronomy 2:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Staan op, trek weg en trek deur die Arnonrivier; kyk, Ek gee Sihon, die Amoriet, die koning van Hesbon, en sy land in jou hand; begin om dit in besit te neem en veg met hom in die geveg.
Afrikaans (NLV) 2011
Moses het voortgegaan: “Toe het die Here gesê: ‘Steek nou die Arnonkloof oor! Ek sal jou help om Sihon die Amoriet, die koning van Gesbon, te verslaan en sy land vir jou te gee. Val hom aan en begin om die land in besit te neem.
Afrikaans 1933/1953
Maak julle klaar, breek op en trek deur die Arnonrivier. Kyk, Ek gee Sihon, die koning van Hesbon, die Amoriet, en sy land in jou hand; begin om in besit te neem, en begeef jou in die oorlog teen hom.
Afrikaans 1983
“Die Here het vir my gesê: ‘Breek kamp af en trek deur die Arnonkloof. Ek gee die Amoriet, koning Sihon van Gesbon, en sy land in jou mag. Begin nou, neem sy land in besit, maak oorlog teen hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Die Here het verder gesê, ‘Maak julle gereed, trek verder en gaan deur die Arnondal. Kyk, Ek gee Sihon, die Amoritiese koning van Gesbon, en sy land in julle hand. Begin dan, beset die land en maak oorlog teen hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Die Here het gesê: ‘Julle moet gereedmaak en verder gaan. Gaan deur die Arnon-vallei. Onthou, Ek het Sihon, koning van die Amoriete in die stad Gesbon, en sy land vir julle gegee. Julle moet begin oorlog maak teen hom en julle moet sy land vat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het verder vir ons gesê: ‘Staan op en trek deur die Arnonrivier. Ek sal die Amoriet, Sihon die koning van Gesbon en sy land in julle hand gee. Veg teen Sihon en beset sy land. So sal julle met die verowering van die Beloofde Land begin.