Deuteronomy 2:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Vandag sal Ek begin om die angs vir jou en die vrees vir jou te lê oor die nasies wat onder die hele hemel is, wat oor jou gerug sal hoor en sal bewe en beangs wees oor jou.
Afrikaans (NLV) 2011
Van vandag af sal Ek al die volke op aarde vreesbevange vir jou maak. Wanneer hulle van jou hoor, sal hulle bewe van angs.’”
Afrikaans 1933/1953
Vandag sal Ek begin om die skrik en die vrees vir jou op die volke onder die hele hemel te lê, sodat hulle, as hulle die tyding aangaande jou hoor, voor jou sal sidder en bewe van angs.
Afrikaans 1983
Vandag bring Ek skrik en vrees vir jou oor al die volke op die aarde. Wanneer hulle hoor wat jy doen, sal hulle bewe en bang wees vir jou.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Van vandag af sal Ek sorg dat julle vrees inboesem by elke volk onder die son, en dat hulle vir julle ontsag het. Wanneer hulle die gerug oor julle hoor, sal hulle aan die bewe gaan en ineenkrimp van angs vir julle.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek begin vandag om al die volke in die wêreld bang te laat word vir julle. Wanneer hulle hoor van julle, dan sal hulle skrik en bewe.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Van vandag af maak Ek al die volke bang vir julle. As hulle van julle hoor, sal hulle benoud raak. As hulle julle sien, sal hulle begin bewe.’”