Deuteronomy 2:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jy moet aan my vleis vir geld verkoop, dat ek kan eet; en gee my water vir geld, dat ek kan drink; maar ek sal op my voete deurtrek;
Afrikaans (NLV) 2011
Ons sal betaal vir elke stukkie kos wat ons eet en vir al die water wat ons drink. Al wat ons vra, is toestemming om deur jou land te trek.
Afrikaans 1933/1953
Voedsel moet jy my verkoop vir geld, dat ek kan eet; en water moet jy my gee vir geld, dat ek kan drink; laat my net te voet deurtrek --
Afrikaans 1983
Verkoop aan my die kos en water wat ek nodig het. Ek wil net deurtrek
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kos kan jy vir silwer aan my verkoop sodat ek kan eet, en water kan jy ook vir silwer aan my lewer sodat ek kan drink. Ek wil net te voet deurtrek,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
[28-29] Jy kan kos en water aan ons verkoop om te eet en te drink. Jy moet net sê dat ons deur jou land mag loop totdat ons deur die Jordaan-rivier kan gaan na die land wat ons God die Here vir ons gee. Die nageslag van Esau wat in die land Seïr woon en die Moabiete wat in die land Ar woon, het gesê ons mag deur hulle lande loop.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vir die kos wat ek eet en die water wat ek drink, sal ek betaal.