Deuteronomy 2:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
(soos die kinders van Esau wat in Seïr woon, en die Moabiete wat in Ar woon, aan my gedoen het—totdat ek deur die Jordaan sal trek na die land wat die HERE onse God aan ons sal gee.
Afrikaans (NLV) 2011
Die afstammelinge van Esau by Seïrberg het ons toegelaat om deur hulle land te trek, so ook die Moabiete wat in Ar woon. Laat ons asseblief deurtrek totdat ons die Jordaan oorgesteek het na die land wat die Here ons God aan ons gegee het.’
Afrikaans 1933/1953
soos die kinders van Esau wat in Se‹r woon, en die Moabiete wat in Ar woon, met my gedoen het -- totdat ek deur die Jordaan trek in die land wat die HERE onse God aan ons sal gee.
Afrikaans 1983
tot waar ek deur die Jordaanrivier gaan na die land toe wat die Here ons God vir ons gee. So het die Edomiete van Seïr en die Moabiete van Ar my ook laat doen.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
soos die nageslag van Esau wat in Seïr woon en die Ammoniete wat in Ar woon, my toegelaat het, totdat ek deur die Jordaan kan trek na die land wat die Here ons God vir ons gaan gee.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Laat my deur jou gebied trek tot waar ek die Jordaan na die Beloofde Land moet oorsteek. Esau se nageslag in Seïr en die Moabiete in Ar het my ook toegelaat om deur hulle land te trek.’