Deuteronomy 2:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Sihon, die koning van Hesbon, het ons nie by hom laat verbygaan nie, want die HERE jou God het sy gees verhard en sy hart verhard om hom in jou hand te gee, soos dit vandag blyk.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar koning Sihon van Gesbon het geweier om ons te laat deurtrek. Die Here het hom hardkoppig en onversetlik gemaak sodat julle hom kan verslaan. Hy is nou in jou mag.
Afrikaans 1933/1953
Maar Sihon, die koning van Hesbon, wou ons nie by hom laat deurtrek nie; want die HERE jou God het sy gees verhard en sy hart verstok, dat Hy hom in jou hand kon gee soos dit vandag is.
Afrikaans 1983
“Maar koning Sihon van Gesbon het geweier om ons deur sy gebied te laat trek, want die Here jou God het hom onversetlik gemaak. Die Here het hom koppig gemaak om hom in jou mag oor te gee. Hy is nou nog in jou mag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Maar Sihon, die koning van Gesbon, wou nie dat ons by hom verbytrek nie, want die Here julle God het sy gees verhard en hom koppig gemaak sodat Hy hom in julle hand kon gee, soos dit vandag is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Maar koning Sihon van Gesbon het gesê ons mag nie deur sy land gaan nie, want julle God die Here het hom hardkoppig gemaak. Die Here wou julle laat wen teen Sihon, en julle woon nou nog in sy land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Koning Sihon wou ons egter nie laat deurtrek nie, want die Here het sy hart kliphard gemaak. Toe het ons teen koning Sihon geveg en sy land binnegetrek en dit is waar ons vandag nog woon.