Deuteronomy 2:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die HERE het vir my gesê: Kyk, Ek het begin om Sihon en sy land voor jou te gee; begin om dit in besit te neem, dat jy sy land kan beërwe.
Afrikaans (NLV) 2011
“Die Here het toe vir my gesê: ‘Kyk, Ek het begin om koning Sihon en sy land aan jou oor te gee. Begin nou om sy land te verower en in te neem.’
Afrikaans 1933/1953
En die HERE het vir my gesê: Kyk, Ek begin om Sihon en sy land aan jou oor te gee; begin om in besit te neem, om sy land in besit te neem.
Afrikaans 1983
“Die Here het verder vir my gesê: ‘Let op, Ek gee Sihon en sy land van nou af in jou mag oor. Begin nou, verower sy land.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het toe vir my gesê, ‘Kyk, Ek is reeds besig om Sihon en sy land aan julle te gee. Begin dan, dryf hulle uit sodat julle sy land in besit kan neem.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het vir my gesê: ‘Onthou, Ek begin nou om Sihon en sy land vir julle te gee. Julle moet nou sy land vir julleself vat.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Toe het die Here vir my gesê: ‘Ek het Sihon en sy land aan julle gegee. Julle moet intrek en dit beset.’