Deuteronomy 2:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem en die manne en die vroue en die kindertjies van elke stad met die banvloek getref; ons het niemand oorgebly nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons het al sy stede verower en elkeen, mans, vroue en kinders, heeltemal verdelg. Niemand is gespaar nie.
Afrikaans 1933/1953
En ons het in die tyd al sy stede ingeneem en elke stad met die banvloek getref, manne en vroue en kinders; ons het niemand laat vryraak nie.
Afrikaans 1983
In daardie tyd het ons al sy stede verower en verwoes. Van hulle mans, vrouens en kinders het ons niemand laat vrykom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In daardie tyd het ons al sy stede ingeneem en in elke stad die mans, vroue en kinders met die banvloek getref. Ons het niemand laat vrykom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons het toe al sy stede gevat en ons het almal in elke stad doodgemaak, al die mans, vroue en kinders. Ons het niemand vry laat wegkom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons het al Sihon se stede ingeneem en al die inwoners doodgemaak. Niemand het oorgebly nie.