Deuteronomy 2:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Net die vee wat ons vir onsself as buit geneem het, en die buit van die stede wat ons ingeneem het.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons het al die diere en enigiets van waarde in die stede wat ons verower het, as buit vir ons geneem.
Afrikaans 1933/1953
Net die vee het ons vir ons geroof en die buit van die stede wat ons ingeneem het.
Afrikaans 1983
Ons het net die vee en ook wat daar te buit was in die stede wat deur ons verower is, vir ons gevat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Slegs die diere het ons vir onsself uitgehou, asook die oorlogsbuit van die stede wat ons ingeneem het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons het net die beeste vir onsself gevat en ook al die goed in die stede waar ons die mense oorwin het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons het die vee vir ons gevat en die stede verwoes.