Deuteronomy 2:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Van Aroër af wat aan die rand van die Arnonrivier lê, en van die stad wat langs die rivier lê, tot by Gílead, was daar nie een stad wat vir ons te sterk was nie; die HERE onse God het alles aan ons oorgegee.
Afrikaans (NLV) 2011
“Die Here ons God het ons gehelp om Aroër aan die bokant van die Arnonkloof en die dorp langs die rivier in die kloof en die hele gebied sover as Gilead te verower. Geen stad het mure gehad wat te sterk vir ons was nie.
Afrikaans 1933/1953
Van Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, en die stad in die dal, tot by G¡lead was daar vir ons geen vesting onneembaar nie -- die HERE onse God het alles aan ons oorgegee.
Afrikaans 1983
Van Aroër op die Arnonoewer en die stad in die Arnonkloof af tot by Gilead was daar geen stad te sterk vir ons nie. Die Here ons God het hulle almal in ons mag oorgegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Van Aroër af, wat op die rand van die Arnondal lê, ja, vanaf die stad wat in die dal is tot by Gilead, was daar nie 'n vesting wat vir ons te sterk was nie. Elke enkele een het die Here ons God aan ons oorgegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar was nie 'n stad wat te sterk was vir ons nie. Ons God die Here het alles vir ons gegee, van die stad Aroër op die kant van die Arnon-vallei en die stad in die vallei, tot by die land Gilead.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Van Aroër by die Arnonrivier en die groot stad daar naby tot by Gilead was daar geen stad wat ons nie met die hulp van die Here ingeneem het nie.