Deuteronomy 2:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Net na die land van die kinders van Ammon het jy nie gekom nie, ook nie na enige plek van die Jabbokrivier of na die stede op die berge of na alles wat die HERE onse God ons verbied het nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons het egter weggebly van die Ammoniete langs die Jabbokrivier en hulle stede in die bergagtige gebied. Dit was alles gebiede wat die Here ons God ons beveel het om uit te los.”
Afrikaans 1933/1953
Net naby die land van die kinders van Ammon het jy nie gekom nie: die hele kant van die Jabbokrivier en die stede van die gebergte en alles wat die HERE onse God verbied het.
Afrikaans 1983
Soos die Here ons God ons beveel het, het ons nie die land van die Ammoniete binnegegaan nie: dit is die gebied aan Jabbokspruit en die stede in die bergagtige gebied.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Net na die land van die Ammoniete het julle nie gegaan nie. Dit is die hele gebied aan die kant van die Jabbokdal, asook die stede in die bergland. En dit is alles wat die Here ons God beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar julle het nie naby die Ammoniete se land gekom nie, dit is die hele kant van die Jabbok-vallei en die stede in die berge, alles wat die Here gesê het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Soos die Here ons beveel het, het ons nie die Ammoniete aangeval nie. Ook nie die dele rondom die Jabbokrivier en al die stede in die berge nie.”