Deuteronomy 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En gee aan die volk bevel en sê: Julle moet deur die gebied van julle broers, die kinders van Esau, wat in Seïr woon, trek; en hulle sal vir julle bang wees; pas dan goed op julleself.
Afrikaans (NLV) 2011
Gee die volgende opdragte vir die volk: Julle gaan deur die gebied trek wat aan julle broers, die Edomiete, die afstammelinge van Esau wat in Seïr bly, behoort. Die Edomiete sal bedreig voel, maar wees versigtig.
Afrikaans 1933/1953
en gee aan die volk bevel en sê: Julle gaan trek deur die grondgebied van julle broers die kinders van Esau wat in Se‹r woon, en hulle sal vir julle vrees; pas dan goed op;
Afrikaans 1983
en sê vir die volk: Julle staan op die punt om deur die gebied te trek van julle broers, die nageslag van Esau wat in Seïr woon. Hulle is bang vir julle, maar julle moet julle bedwing.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar gee eers aan die mense opdrag: “Julle gaan nou trek deur die gebied van julle broers, die nageslag van Esau wat in Seïr woon. Hulle sal vir julle bang wees, maar wees baie versigtig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet vir die volk sê: Julle gaan nou deur die land van mense wat familie is van julle, die nageslag van Esau. Hulle woon in die land Seïr. Hulle is bang vir julle. Julle moet baie versigtig wees,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het ook verder gesê: ‘Binnekort trek julle deur Edom waar Esau se nageslag woon. Hulle is verlangse familie van julle, maar hulle sal bang wees vir julle.