Deuteronomy 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Moenie met hulle inmeng nie; want Ek sal julle nie van hulle land gee nie, nee, nie soveel as 'n voetbreedte nie; want Ek het die berg Seïr aan Esau as besitting gegee.
Afrikaans (NLV) 2011
Moenie hulle pla nie, want Ek het die bergwêreld in die omgewing van Seïr aan hulle as eiendom gegee. Ek sal nie ’n krieseltjie van hulle land vir julle gee nie.
Afrikaans 1933/1953
begeef julle nie in die oorlog teen hulle nie, want Ek sal julle van hulle land selfs nie 'n voetbreed gee nie; want Ek het aan Esau die gebergte Se‹r as 'n besitting gegee.
Afrikaans 1983
Moenie oorlog teen hulle maak nie, want Ek sal nie van hulle grond vir julle gee nie, nie eers 'n handbreedte nie, want Ek het Seïrberg vir Esau gegee as besitting.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sorg dat julle nie met hulle in 'n stryd gewikkel raak nie, want Ek gee julle nie 'n voetbreedte van hulle land nie. Ek het immers die Seïrberge vir Esau gegee as sy eiendom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
julle moenie teen hulle oorlog maak nie, want Ek sal nie vir julle van hulle grond gee nie, niks nie. Ek het die Seïr-berge vir Esau gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moenie met hulle sukkel of ’n oorlog begin nie. Edom behoort aan Esau se nageslag. Ek het dit vir hulle gegee en julle sal niks daarvan kry nie.