Deuteronomy 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die HERE jou God het jou geseën in al die werke van jou hand; Hy ken jou wandel deur hierdie groot woestyn; hierdie veertig jaar lank was die HERE jou God met jou; aan niks ontbreek nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here julle God het julle geseën in alles wat julle gedoen het. Hy het die wag gehou oor elke tree wat julle deur die groot woestyn gegee het. Gedurende die 40 jaar was die Here julle God by julle en het Hy in elke behoefte van julle voorsien sodat julle niks kortgekom het nie.’
Afrikaans 1933/1953
Want die HERE jou God het jou geseënin al die werk van jou hand; Hy ken jou trek deur hierdie groot woestyn; nou veertig jaar lank was die HERE jou God met jou; geen ding het jou ontbreek nie.
Afrikaans 1983
“Die Here julle God het julle voorspoedig gemaak in alles wat julle gedoen het. Hy het sy oog oor julle gehou in hierdie groot woestyn, en in hierdie hele veertig jaar was die Here julle God by julle en het julle niks kortgekom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Die Here julle God het julle immers geseën in alles wat julle gedoen het. Hy het julle versorg op julle trek deur hierdie groot woestyn. Hierdie veertig jaar wat die Here julle God by julle was, het julle geen gebrek gely nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Julle God die Here het dit goed laat gaan met alles wat julle gedoen het, Hy het vir julle gesorg in hierdie groot woestyn. Julle God die Here was altyd by julle hierdie 40 jaar, julle het genoeg gehad van alles.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Omdat die Here julle God by julle was, het dit altyd met julle goed gegaan. Toe julle deur hierdie groot woestyn getrek het, het Hy dag vir dag vir julle gesorg. Veertig jaar lank sorg Hy al vir julle en dit is waarom julle niks kortkom nie.