Deuteronomy 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe ons verbygegaan het van ons broers, die kinders van Esau, wat in Seïr gewoon het, deur die pad van die vlakte van Elat en Esion-Geber, het ons omgedraai en deurgegaan in die pad van die Moabwoestyn.
Afrikaans (NLV) 2011
So het ons dan verby ons broers, die afstammelinge van Esau wat in Seïr woon, getrek. Ons het ook die pad vermy wat van Elat en Esjon-Geber deur die Arabavallei kom. “Toe het ons noordwaarts met die woestynroete by Moab verbygetrek.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het ons verder getrek, weg van ons broers, die kinders van Esau wat in Se‹r woon, weg van die pad deur die Vlakte, weg van Elat en seon-Geber; ons het toe weggedraai en verder getrek op pad na die woestyn van Moab.
Afrikaans 1983
“Ons het toe verbygetrek by ons broers, die nageslag van Esau wat in Seïr woon, en ons het uit die Woestynpad weggedraai by Elat en Esjon-Geber en met die pad na die Moabwoestyn toe verbygetrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Ons het by ons broers, die nageslag van Esau wat in Seïr woon, verbygetrek deur nie die pad te volg wat van Elat en Es-jon-Geber af deur die Araba loop nie. Ons het weggedraai en met die pad na die Moabwoestyn getrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Ons het toe verby ons familie gegaan, verby die nageslag van Esau wat in die land Seïr woon. Ons het by die stad Elat, dit is Esjon-Geber, gekom. Toe het ons op die pad deur die Jordaan-vallei gegaan, en ons het deur die woestyn geloop na die land Moab.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Ons is weg uit Edom waar ons familie langs die Seïrberge woon en het na die dorpe Elat en Esion-Geber afgedraai. So het ons in die rigting van die Moabvlaktes getrek.”