Deuteronomy 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die HERE het vir my gesê: Moenie die Moabiete benoud maak nie, en moenie teen hulle stry in die oorlog nie, want Ek sal jou van hulle land nie as 'n besitting gee nie; want Ek het Ar aan die kinders van Lot as 'n besitting gegee.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here het ons gewaarsku: ‘Moenie die Moabiete, die afstammelinge van Lot, pla of teen hulle oorlog maak nie. Ek het vir hulle Ar as hulle eiendom gegee en Ek sal niks van hulle land vir julle gee nie.’”
Afrikaans 1933/1953
Toe het die HERE vir my gesê: Behandel Moab nie as vyand en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van sy land as besitting gee nie, omdat Ek Ar aan die kinders van Lot as 'n besitting gegee het.
Afrikaans 1983
Toe het die Here vir my gesê: ‘Moenie die Moabiete aanval en teen hulle oorlog maak nie, want Ek sal nie van hulle grond vir jou as besitting gee nie. Ek het Ar vir die nageslag van Lot gegee as besitting.’ ”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het toe vir my gesê, ‘Moenie Moab aanval nie en sorg dat julle nie met hulle in 'n geveg betrokke raak nie, want Ek gee julle nie 'n deel van hulle land as eiendom nie. Ja, vir die nageslag van Lot het Ek Ar as eiendom gegee.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Maar die Here het vir my gesê: ‘Julle moenie die mense van Moab aanval nie, julle moenie oorlog maak teen hulle nie, want Ek sal nie 'n stuk van hulle land vir julle gee nie. Ek het die land Ar vir die nageslag van Lot gegee.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Toe het die Here weer vir my gesê: ‘Moenie Moab aanval of ’n geveg begin nie. Van hierdie land sal julle ook niks kry nie, want Ek het die stad Ar aan die nageslag van Lot gegee.’