Deuteronomy 27:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het. En die hele volk moet sê: Amen!
Afrikaans (NLV) 2011
‘Vervloek is elkeen wat seksuele gemeenskap met sy skoonma het.’ Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen.’
Afrikaans 1933/1953
Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.
Afrikaans 1983
“Daar rus 'n vloek op elkeen wat gemeenskap het met sy skoonma! “Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘Vervloek is die een wat met sy skoonmoeder gemeenskap het.’ En die hele volk moet ‘Amen’ sê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Die Leviete moet dan sê: ‘Ons vervloek elkeen wat seks het met sy skoonma.’ En die hele volk moet sê: ‘Ja, dit sal so wees!’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Dit sal sleg gaan met enigiemand wat by sy skoonma slaap. “Dan moet die volk antwoord: ‘Ja, dit is so!’