Deuteronomy 29:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die groot versoekings wat jou oë gesien het, die tekens en daardie groot wonderwerke:
Afrikaans (NLV) 2011
al die groot dade van krag, die wondertekens en die verstommende wonders.
Afrikaans 1933/1953
die groot versoekinge wat jou oë gesien het, die groot tekens en wonders.
Afrikaans 1983
die groot rampe wat julle self gesien het, die tekens, daardie groot wonderdade.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
die groot teistering wat jou eie oë gesien het, ja, daardie tekens van mag en groot wonders.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle het gesien dat die Here die Egiptenaars baie swaar laat kry het toe Hy sy tekens en wonderwerke gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het sy groot krag gewys toe Hy julle gered het. Hy het baie groot wonders gedoen.