Deuteronomy 3:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die HERE het vir my gesê: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek sal hom en sy hele volk en sy land in jou hand gee; en jy moet met hom doen soos jy met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het, gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here het egter vir my gesê: ‘Moenie vir hom bang wees nie. Ek gee aan julle die oorwinning oor Og en sy leër. Ek gee ook sy hele land aan julle. Maak met hom net soos julle gemaak het met koning Sihon van die Amoriete wat in Gesbon regeer het.’
Afrikaans 1933/1953
Toe het die HERE vir my gesê: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek gee hom en sy hele volk en sy land in jou hand; en jy moet met hom doen soos jy gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.
Afrikaans 1983
Toe het die Here vir my gesê: ‘Moenie vir hom bang wees nie, want Ek gee hom en sy hele leër en sy hele land in jou mag oor, en jy moet met hom maak soos jy gemaak het met koning Sihon van die Amoriete, wat in Gesbon gewoon het.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het vir my gesê, ‘Moenie vir hom bang wees nie, want in jou hand gee Ek hom, al sy manskappe en sy land. Jy moet met hom maak soos jy gemaak het met Sihon, die koning van die Amoriete wat in Gesbon regeer het.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het vir my gesê: ‘Jy moenie bang wees vir koning Og nie, want Ek sal jou laat wen teen hom en al sy mense. Jy moet sy land vat, soos jy ook gedoen het met koning Sihon van die Amoriete wat in Gesbon gewoon het.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het egter gesê: ‘Moenie vir Og bang wees nie. Julle sal hom en sy volk verslaan en sy land vir julle vat. Maak met hom soos julle met Sihon, die Amoritiese koning van Gesbon, gemaak het.’