Deuteronomy 6:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Pas dan op dat jy nie die HERE vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het nie.
Afrikaans (NLV) 2011
sorg dan dat jy nie die Here vergeet nie. Dit is Hy wat jou van die slawerny in Egipte gered het.
Afrikaans 1933/1953
neem jou dan in ag dat jy die HERE nie vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het nie.
Afrikaans 1983
Maar sorg dat jy nie dan die Here vergeet wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
moet jy oppas dat jy nie die Here vergeet wat jou uit Egipteland, uit 'n plek van slawerny, uitgelei het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
dan moet julle versigtig wees dat julle nie die Here vergeet nie. Julle was slawe in die land Egipte, maar die Here het julle uit Egipte gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sorg dus dat jy nooit die Here vergeet nie. Dink altyd aan Hom wat jou uit Egipte waar jy verdruk is, kom wegvat het.