Deuteronomy 9:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dink aan u dienaars, Abraham, Isak en Jakob; kyk nie na die hardkoppigheid van hierdie volk of op hulle boosheid of op hulle sonde nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Onthou eerder u dienaars Abraham, Isak en Jakob en sien maar die hardkoppigheid, opstandigheid en sonde van hierdie volk oor.
Afrikaans 1933/1953
Dink aan u knegte Abraham, Isak en Jakob; kyk nie na die hardheid van hierdie volk of na hulle goddeloosheid en hulle sonde nie,
Afrikaans 1983
Onthou tog u dienaars Abraham, Isak en Jakob. Moenie aandag gee aan die hardkoppigheid van hierdie volk nie, aan hulle opstandigheid en hulle sonde nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dink aan u diensknegte, aan Abraham, Isak en Jakob. Moet tog nie ag slaan op die hardkoppigheid van hierdie volk en op hulle oortredings en sonde nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moet dink aan u dienaars, aan Abraham en Isak en Jakob. U moet wegkyk van hierdie hardkoppige volk, U moet wegkyk van die dinge wat hulle verkeerd gedoen het, U moenie kyk na hulle sonde nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dink aan Abraham, Isak en Jakob vir wie U lief was en vergeef Israel se hardkoppigheid en sonde.