Ecclesiastes 1:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Is daar iets waarvan gesê kan word: Kyk, dit is nuut? dit was al van ouds af wat voor ons was.
Afrikaans (NLV) 2011
Na wat kan jy wys en sê: “Dit is nuut”? Nee, dit was lankal daar, lank voor ons tyd!
Afrikaans 1933/1953
Is daar iets waarvan 'n mens kan sê: Kyk hier, dit is nuut? Dit was lankal daar in die ou tyd wat voor ons gewees het.
Afrikaans 1983
Kan jy van iets sê dit is nuut? Nee, dit was lankal daar, lank voor ons tyd.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As daar iets is waarvan iemand sê, “Kyk hier, dit is nuut!” – dit het reeds gebeur in die tye wat voor ons daar was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer iemand sê: “Kyk, hier is iets wat nuut is,” dan sê ek: Nee, dit was klaar daar voordat óns daar was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sal iemand ooit kan sê: “Kyk, dit is nou werklik iets nuuts”? Hoegenaamd nie! Dit het al in die gryse verlede en lank voor ons tyd bestaan.