Ecclesiastes 1:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daar is geen herinnering aan vorige dinge nie; ook sal daar geen gedagtenis wees aan die dinge wat kom met die wat daarna sal kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Dinge van voorheen word nie onthou nie. In die toekoms sal die geslagte wat kom nie onthou wat nou gebeur nie.
Afrikaans 1933/1953
Daar is geen nagedagtenis van die voorvaders nie; en ook van die nageslagte wat kom, sal daar geen nagedagtenis wees by die wat later sal wees nie.
Afrikaans 1983
Wat verby is, word vergeet, en ook wat later kom, sal vergeet word deur dié wat daarna kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Vroeëre gebeure word nie onthou nie, en ook nie die latere wat nog sal gebeur nie – daar is aan hulle net so min herinnering as aan dit wat sal gebeur teen die einde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Niemand onthou wat lank gelede gebeur het nie, en die mense wat later sal lewe, sal ook nie onthou wat later gebeur het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Niemand dink meer aan die mense wat lank gelede geleef het nie. Of aan hulle wat nog moet kom nie. Elke geslag dink net aan hulleself. Hulle het die voorgeslag lankal vergeet.