Ecclesiastes 1:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek het my hart gegee om met wysheid te soek en na te speur oor alles wat onder die hemel gebeur: hierdie smarte moeite het God aan die mensekinders gegee om daarmee geoefen te word.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het my daarop toegespits om alles wat onder die son gedoen word, te verstaan en met wysheid te deurdink. Ek het gevind dis ’n moeilike taak wat God vir die mens gegee het om hom daarmee besig te hou.
Afrikaans 1933/1953
En ek het my hart daarop gerig om met wysheid te ondersoek en na te speur alles wat onder die hemel gebeur. Dit is 'n moeilike taak wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel.
Afrikaans 1983
Ek het my daarop toegelê om alles wat in hierdie wêreld gebeur, te ondersoek en behoorlik te deurdink. Ek het bevind: God het 'n harde taak aan die mens gegee om hom mee besig te hou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het my daaraan toegewy om alles wat onder die hemel gedoen word, met wysheid te ondersoek en na te vors. Dit is 'n nuttelose taak wat God aan mense opgedra het om hulle mee te belas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het hard probeer om met wysheid te kyk na alles wat die mense in hierdie wêreld doen, ek het probeer om dit te ondersoek. Dit is 'n swaar werk wat God vir die mense gegee het om te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het besluit om alles wat in hierdie wêreld gebeur, te ondersoek en te probeer verstaan. Ek het uitgevind dat dit ’n moeilike taak is wat God die mens opgelê het om oor sulke dinge na te dink en dit na te vors.